Adolescent substance abuse and HIV/AIDS education and prevention

Type Thesis or Dissertation
Title Adolescent substance abuse and HIV/AIDS education and prevention
Author(s)
Publication (Day/Month/Year) 2008
Page numbers 0-0
URL https://152.106.6.200/handle/10210/1241
Abstract
Die doel van hierdie studie is om riglyne vir n geïntegreerde seksualiteit program vir adolosente daar te stel wat aandag skenk aan dwelmmisbruik en verhoogde HIV risiko. Daar is nie hipoteses geformuleer nie. Navorsing vrae is gestel en n literatuurstudie is aan die hand van die vrae gedoen. Daar is gepoog om die profiel van die skool gaande adolosent wat dwelmmiddels misbruik vas te stel. Verder is daar gepoog om die frekwensie van dwelmmisbruik by adolosente vas te stel, sowel as hulle kennis oor die verwantskap tussen HIV/Vigs en dwelmmisbruik. Daar is na die aard en effektiwiteit van huidige seksualiteit programme in die onderwys gekyk om vas te stel of hulle doeltreffend is. n Kwantitatiewe data insamelings metode is gebruik. n Beskrywende en n ondersoekende navorsings ontwerp is gebruik in die studie. Twee honderd-en-vyftig vraelyste is by twee skole versprei. Adolosente van graad agt tot graad elf het die vraelyste ewekansig beantwoord. Die hulp van Statistiese Konsultasie Dienste, te RAU, is ingewin met die optrek van die vraelys sowel as die verwerking van die data. Die profiel van die respondente toon dat die meerderheid 15 jaar en ouer is. Die meeste van die respondente was meisies. Graad nege leerders was die meerderheid van respondente terwyl die ander drie grade eweredig versprei was. Die respondente het meestal by beide of minstens by een biologiese ouer gewoon. Afrikane was die meerderheid van respondente. Blankes was tweede meeste verteenwoordig en die res was verteenwoordig deur Asiërs en Kleurlinge. Leerders het hul skool prestasie as gemiddeld beleef. Belangstelling in skoolwerk was matig. Die misbruik van dwelmmiddels het n verhoogde misbruik oor die naweek getoon. Al die dwelmmiddels was in n mate gebruik, met dagga as die gewildste middel. Die respondente was ambivalent oor die invloed van verhoogde risiko vir HIV met alkohol misbruik. Die meerderheid het bevestig dat daar n verhoogde risiko vir HIV is met die misbruik van dwelmmiddels. Die meerderheid van die adolosente is nie seksueel aktief nie. Die respondente wat wel seksueel aktief is, erken dat hulle in meeste gevalle onder die invloed van dwelmmiddels was tydens hulle laaste seksuele omgang. Die skool is geïdentifiseer as die prominentste plek waar leerders oor dwelmmiddels leer. Die media en tweedens, die skool, is aangedui as die belangrikste plek van leer aangaande HIV. Die leerders verkies klasse waar beide geslagte teenwoordig is. Die medium van onderwys wat verkies word, is n dialoog vorm. Daar is twee groepe adolosente geïdentifiseer in die studie. Die minderheid van adolosente is in gevaar van HIV/Vigs. Die ontwikkeling van n omvattende geïntegreerde seksualiteit program moet gemik wees op die groep adolosente. Aanbevelings met betrekking tot die ontwikkeling van n geïntegreerde seksualiteit program word aan die hand gedoen.

Related studies

»