Mynbou versus voedselsekerheid:'n konflik van regte in die Kalahari-distrik

Type Thesis or Dissertation - Magister Legum in Omgewingsreg
Title Mynbou versus voedselsekerheid:'n konflik van regte in die Kalahari-distrik
Author(s)
Publication (Day/Month/Year) 2015
URL http://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/15370/Loubser_L_2015.pdf?sequence=1
Abstract
Mynbou is belangrik vir die ekonomie van ʼn land en word daarom aangemoedig.
Mynbou is in wese onvolhoubaar vanuit ʼn omgewingsbewaring perspektief. Artikel
24 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 bepaal dat die staat
die omgewing moet beskerm vir huidige en toekomstige geslagte, maar dat
regverdige ontwikkeling toegelaat moet word. Landbou is net so belangrik vir ʼn land
se ekonomie as vir sy mense. Artikel 27(b) van die Grondwet maak voorsiening vir ʼn
reg op toegang tot voldoende voedsel en water. Landbou kan, net soos mynbou, ʼn
impak op die omgewing hê. Dit gebeur egter dat mynbou in konflik met landbou
kom, in die sin dat grond gesteriliseer word sodat dit nie meer vir landboudoeleindes
gebruik kan word nie en gevolglik ook nie meer tot voedselsekerheid kan bydra nie.
Die Nasionale Waterwet 36 van 1998 bepaal dat dit van kardinale belang is dat SuidAfrika
se waterhulpbronne beskerm, gebruik, ontwikkel, bewaar, bestuur en beheer
word. Dit geld vir beide mynbou en landbou. In die Kalahari-distrik ontstaan daar
konflik tussen die boere en myne (hoofsaaklik Sishen- en Khumani-ysterertsmyne)
rakende watergebruik. Groot hoeveelhede water word uit die grond gepomp vir
mynbou-aktiwiteite en om in die mynwerkers se daaglikse behoeftes te voorsien.
Mynbou mag moontlik ʼn impak op voedselsekerheid hê, aangesien weiding verswak
en die kameeldoringbome, wat voedsel aan diere in hierdie omgewing verskaf,
moontlik kan doodgaan en ekosisteme vernietig word weens die watertekort. Dit is
dus nodig om vas te stel hoe die reg moontlike konflik tussen die regte van myne en
boere sal aanspreek en oplos.
Deur die verloop van die studie word verskeie onderliggende en funderende temas
aangespreek, onder andere: (a) Artikel 24 van die Grondwet, die reg op toegang tot
voldoende voedsel en water; (b) mynbou en landbou se watergebruik, hoe konflik
rakende water gereguleer word en die toepassing daarvan op die Kalahari.

Related studies

»